FruitLips derde plek op NisBoere

Telling: 57 ½ / 90

Die Eigelaars se prentjiemooi plaas in Piketberg is die tuiste van die opwindende FruitLips-handelsmerk. Liebré Jacobs is die skeppende gees wat ook betrokke is by admin en produksie. Broer Johnnie is verantwoordelik vir die administrasie, strategie en uitbreiding en ma Deidré hanteer die finansies, manlief Martijn Jacobs hanteer produksie en pa Kobus Eigelaar algehele bestuurder op Achtervlei Boerdery. Nog ʼn onmisbare “bestanddeel” van die suksesresep is Elouise Josephs wat aan die stuur van produkontwikkeling staan. Die resultaat van al hierdie passie en samewerking is produktiwiteit, profyt en veelsydigheid wat duidelik blyk uit ʼn reeks produkte wat wissel van ingemaakte persimmons en persimmon-blatjang tot ʼn pruim braaisous en minisakkies konfyt.

3DE PLEK: FruitLips

 

Top